Home » Fluister » Ontmoet vir Karla van Tonder

Ontmoet vir Karla van Tonder

Karla van Tonder is ‘n opwindende nuwe stem op die musiektoneel.  Sy het nog net een lied opgeneem – saam met Heinz Winckler – maar ons hoop daar is nog baie meer van haar op pad!  Megafoon het met haar gaan gesels.

>

Wie is Karla van Tonder?

Gebore in Aliwal Noord op 24 Feb 1992.  In 2009 verhuis na Harrismith – Matrikuleer 2010.  1 Jaar Dipl in Dance by TUT geswot.  A.g.v kniebesering kon ek nie verder aangaan nie. Moes toe begin werk soek, het vir n jaar in Harrismith gewerk< en toe verhuis na Johannesburg einde Augustus laasjaar.

Hoe het jy in die musiekbedryf beland? 

(Dink nie ek is regtig al in die musiekbedryf nie – probeer nou baie hard) Het van kleins af gehou van sing en dans.  Op 5 jaar eerste solo gesing by kleuterskool konsert.  Het aan al wat Eisteddfod is deel geneem.  Sang geneem reg deur skoolloopbaan. Het begin liedjies skryf, maar niks regtig met dit gedoen nie.  Toe Néq siek raak het ek gedink dit is ‘n manier hoe ek haar dalk kan help.  Ek het een van Heinz se Workshops bygewoon wat my baie gehelp het met my liedjieskryf. Die liedjie is na Heinz gestuur en hy het dadelik ingestem om my te help.  Die opname, “mastering” en cd cover was alles gratis, omrede dit vir ‘n goeie doel gegaan het. (Helmut Meijer -mastering),(Dean Jensen CD cover ontwerp). Het my CD by CDT laat druk en is nou beskikbaar @ R40 ‘n cd en @R50 vir mense wat dit gepos wil he (posgelld ingesluit). En dit is ook nou beskikbaar aanlyn op die “Fluister” webtuiste vir R7.

Wat doen jy wanneer jy nie sing nie?   Wat doen jy vir ’n lewe van Maandag tot Sondag – as jy nie sing nie?

Ek was vir n rukkie as “ekstra” op Binnelanders, en het elke oomblik geniet.

Maandae tot Vrydae gym ek en soek werk op die oomblik, en naweke maak ek huis skoon, doen inkopies (as daar iets benodig word vir die huis) en dan luister ek liedjies, speel kitaar en probeer songs skryf, of ek braai saam vriende en rus lekker.

Watter bands/artists inspireer jou musiek?  Waarna luister jy in jou motor?

Natuurlik Heinz Winckler.  Hy is so ‘n wonderlike persoon met ‘n wonderlike hart.   Sal hom ewig dankbaar wees vir wat hy vir my gedoen het.

Ek het nie regtig ‘n spesifieke band/artists nie, hou van musiek wat ‘n lekker ritme het.

Is baie lief vir Gospel en Country musiek, asook Pop musiek.

Wie moet ’n mens kontak om jou te kry vir ’n optrede?

My ma[nager].  My ma het ‘n page op facebook begin https://www.facebook.com/NeqseLiedjie en ons het ook ‘n email adres neqseliedjie@vodamail.co.za

Ek het nog net by NG Kerk Moedergemeente Harrismith (my ma-hulle se kerk) en NG Kerk Primrose-Oos (my kerk) opgetree.

Enige ander Albums?  Wat is jou musikale planne vir die toekoms?

Nee nog nie.  Ek het nog liedjies wat ek geskryf het en beplan om ‘n Album op te neem binnekort, met “Hoe sê ‘n ma” as een van die liedjies.  Beplan om meer betrokke te raak by kanker organisasies, en met my sang talent, mense te help en hopenlik ‘n sangloopbaan te kan begin, en kinders met kanker te kan help en ondersteun.