Home » Aanbidding » Flam » Fluister » Brandhout Multitracks

Brandhout Multitracks

Ek was lanklaas so opgewonde oor een van ons produkte. Ons noem dit Brandhout Multitracks.

OK, ek weet as jy hoor brandhout dan dink jy aan ’n lekker kaggelvuur of aan ’n braaivleisvuur, maar Brandhout Multitracks is selfs beter as dit.  Jy weet teen die tyd seker dat Flam sy naam kry van Jeremia 20:9 waar Jeremia sê wanneer hy oor die goedheid van die Here wou stilbly dit in hom word soos ’n vuur wat brand.  Flam wil die vuur van aanbidding in gemeentes brandend hou.

Flam het eers Brandstof-produkte gemaak.  Dit is ’n produk-reeks DVD’s – daar is al drie van hulle – wat jy in jou rekenaar of DVD-speler druk en dan kom die woorde op, saam met ’n groep mense wat die songs vir jou sing.  Brandstof is gemik op kleingroepe en gemeentes waar daar nie ’n band beskikbaar is nie en waar julle graag Flam-songs wil sing.  Elke DVD het 2 10 minute lange aanbiddingsessies.  Dit is Brandstof vir daardie vuur van aanbidding.

Brandhout wil ook die vuur van aanbidding brandend hou, maar is in multitrack formaat.   Brandhout Multitracks is backtracks op steroids.  Backtracks is begeleidingsnitte in goeie Afrikaans.  So, multitracks is multiliniêre begeleidingsnitte.  Dit gaan ek egter nie verkoop kry nie.  So, ons noem dit eenvoudig Brandhout Multitracks.

Ek wil nie nou slim probeer klink nie, want ’n jaar gelede het ek ook nie geweet dis moontlik om so iets te maak nie.  So laat my toe om vir jou te verduidelik:  Wanneer enige lied opgeneem word, word elke instrument en stem in ’n laag opgeneem wat ’n track of layer genoem word.

Aan die einde van die opnameproses neem die vervaardiger (die producer) al hierdie tracks en dan word dit gemeng –  daar word ’n ‘final mix’ – ’n finale meng – gedoen wanneer die vervaardiger besluit hoe hard elke layer moet wees.  Wat ons kry op CD’s, of songs wat ons aflaai, is musiek wat deur so finale meng gegaan het.  Een klank leêrtjie waarin al die verskillende lae opgevang is.

Brandhout Multitracks gee vir jou ’n lied – met al sy verskillende lae apart en met behulp van ’n eenvoudige (gratis!) rekenaar-programmetjie, Audacity, kan jy nou self die vervaardiger van die lied wees.

Verstaan jy nou wat ek sê?  Ons gee elke laag vir jou eintlik as ’n aparte mp3.  Alles in een folder.  En jy kan hulle aan en afsit soos jy wil.

Om wat mee te maak?  Hoekom sal ek nou dit wil doen?   Dink net gou hoe jy dit in jou musiekbediening kan gebruik:

Die meeste plattelandse gemeentes en kleiner stadsgemeentes self, is glad nie bang of skaam om van backtracks gebruik te maak nie.  Die meeste stadsgemeentes wat ek ken, haat dit om backtracks te gebruik – dis so bietjie benede ’n gemeente wat darem nou haar sout werd is – dalk so bietjie van ’n skande as jy nie ’n band bymekaar kan sit nie.

’n Verdere probleem vir almal wat backtrax gebruik, is dat na ’n paar keer se gebruik jy dit later presies ken – en dan raak dit maklik afgesaag en eentonig.

Brandhout Multitracks gee jou die vermoë om dieselfde lied elke week so bietjie anders te laat klink.

Indien jy al backtracks in die verlede gebruik het, of saam met ’n CD moes sing, het jy nie ook al gewens jy kon die dromme afsit nie?  Dalk wil jy ’n lied gebruik in julle (meer stemmige) oggenddiens, maar die distorsie van die elektriese kitare dreun deur jou gehoorapparaatjie…  Het jy nog nooit gewens jy kon daardie kitaarspeler of dromspeler laat evaporeer nie?

Met Brandhout Multitracks kan jy selfs besluit hoe klassiek of hoe kontemporêr jy die lied wil laat klink.  En jy kan dit elke keer verander soos jy wil of soos wat die tipe erediens van jou vra.

Of dalk is die tracks wat julle het te vinnig of te stadig of te hoog of te laag?

Die antwoord is Brandhout Multitracks.

Of:  Wie van ons, selfs in groter gemeentes, het nie al gesit met die probleem – jy het ’n klavierspeler en ’n sanger, maar jou dromspeler en kitaarspeler is op vakansie – en daar is niemand wat hulle kan vervang nie.

Multitracks gee jou die opsie om te besluit watter instrumente jy wil aan of afsit.

Ons het 20 liedere op hierdie manier beskikbaar gestel – ons sal dit nog aflaaibaar maak vanaf www.fluister.co.za maar jy kan dink dis eintlik 10 verskillende mp3’s wat jy aflaai – so dis groterige file’tjies.

Jy kan hulle bestel deur te skakel 0860 26 33 42  – of epos bestel@bmedia.co.za   of  info@fluister.co.za

Moet ek sê wat dit kos?  R150 vir een – of as jy al 20 bestel, stuur ons dit vir jou op ’n geheuestokkie en jy kry hulle vir slegs R100 een – dis R2000 vir 20 multitracks.

Epos my by info@fluister.co.za as jy meer vrae het.