No Filter

Hi julle

So, ons het ‘n paar predikante en musiekleiers genooi om so bietjie te blog oor die erediens, liturgie en musiek. Nie NET musiek nie.

Ons wil gesels oor die dinge wat maak dat jy die Here beter hoor en beleef.

Hier gaan mense skryf oor koormusiek, oor band-musiek, orrelmusiek, prediking.  Wat van ‘n paar voorstelle oor hoe jy die liturgiese ruimte op kreatiewe maniere kan vul?  Wat is die nuutste gesprekke rondom die jeug en liturgie?  Watter bewegings volg jy in jou liturgie?

BM Kerkmusiek wil met #NoFilter ‘n veilige ruimte skep waar ons oor hierdie sake kan saamgesels en bymekaar kan leer.  Geen filters.

 

Wil jy ook deelraak hiervan?

Bybel-Media Kerkmusiek: ‘n Kort Oorsig

Dit is met dankbaarheid dat Bybel-Media die volgende inligting oor gemeentesang uit die Liedboek, VONKK- en Flam-liedere wil deurgee.

1. Die kopiereg van die Liedboek-liedere behoort aan Bybel-Media, reeds sedert 2004 toe NG Kerk-uitgewers by dié organisasie ingelyf is. Histories het Lux Verbi tot in 2011, toe dié instansie volledig in die Media24-stal oorgegaan het, Liedboek se sake bestuur.

2. Bybel-Media dra die koste van VONKK en Flam se ontwikkeling van nuwe liedere. Die grootste gedeelte van VONKK se kopiereg behoort aan Bybel-Media. In die geval van Flam, behoort die kopiereg egter meesal aan die oorspronklike kunstenaars.

3. Die Christian Copyright Licensing International (CCLI) hanteer namens Bybel-Media die administrasie van die elektroniese verspreiding en insameling van jaarlikse lisensiegeld. Dié organisasie het homself oor die jare as ‘n spesialis op dié gebied bewys.

– Lees verder>

Brandhout Multitracks

Ek was lanklaas so opgewonde oor een van ons produkte. Ons noem dit Brandhout Multitracks.

OK, ek weet as jy hoor brandhout dan dink jy aan ’n lekker kaggelvuur of aan ’n braaivleisvuur, maar Brandhout Multitracks is selfs beter as dit.  Jy weet teen die tyd seker dat Flam sy naam kry van Jeremia 20:9 waar Jeremia sê wanneer hy oor die goedheid van die Here wou stilbly dit in hom word soos ’n vuur wat brand.  Flam wil die vuur van aanbidding in gemeentes brandend hou.

Flam het eers Brandstof-produkte gemaak.  Dit is ’n produk-reeks DVD’s – daar is al drie van hulle – wat jy in jou rekenaar of DVD-speler druk en dan kom die woorde op, saam met ’n groep mense wat die songs vir jou sing.  Brandstof is gemik op kleingroepe en gemeentes waar daar nie ’n band beskikbaar is nie en waar julle graag Flam-songs wil sing.  Elke DVD het 2 10 minute lange aanbiddingsessies.  Dit is Brandstof vir daardie vuur van aanbidding.

Brandhout wil ook die vuur van aanbidding brandend hou, maar is in multitrack formaat.   Brandhout Multitracks is backtracks op steroids.  Backtracks is begeleidingsnitte in goeie Afrikaans.  So, multitracks is multiliniêre begeleidingsnitte.  Dit gaan ek egter nie verkoop kry nie.  So, ons noem dit eenvoudig Brandhout Multitracks.

Continue reading

Hoekom sing ons?

Ek het so paar weke terug die opmerking gemaak dat kerkmusiek ook lekker moet wees – ek het nogal redelik reaksie gekry hieroor. ’n Paar baie ernstige mense het vir my laat weet dat ‘lekker’ nie ’n norm kan wees wanneer dit by aanbidding kom nie.
Ek het so bietjie verder gaan dink daaroor en opgelees en onder andere afgekom op ’n blog van TJ Miller – hy is Pastor of Worship Arts by die Walloon Lake Community Church, in Michigan in die VSA.
Die blog is getiteld “Why we sing” – hoekom sing ons enigsins in die Kerk, hoekom sing ons in die samekomste van gelowiges, in Bybelstudiegroepe, op jeugkampe.

Continue reading