Bybel-Media Kerkmusiek: ‘n Kort Oorsig

Dit is met dankbaarheid dat Bybel-Media die volgende inligting oor gemeentesang uit die Liedboek, VONKK- en Flam-liedere wil deurgee.

1. Die kopiereg van die Liedboek-liedere behoort aan Bybel-Media, reeds sedert 2004 toe NG Kerk-uitgewers by dié organisasie ingelyf is. Histories het Lux Verbi tot in 2011, toe dié instansie volledig in die Media24-stal oorgegaan het, Liedboek se sake bestuur.

2. Bybel-Media dra die koste van VONKK en Flam se ontwikkeling van nuwe liedere. Die grootste gedeelte van VONKK se kopiereg behoort aan Bybel-Media. In die geval van Flam, behoort die kopiereg egter meesal aan die oorspronklike kunstenaars.

3. Die Christian Copyright Licensing International (CCLI) hanteer namens Bybel-Media die administrasie van die elektroniese verspreiding en insameling van jaarlikse lisensiegeld. Dié organisasie het homself oor die jare as ‘n spesialis op dié gebied bewys.

– Lees verder>

Brandhout Multitracks

Ek was lanklaas so opgewonde oor een van ons produkte. Ons noem dit Brandhout Multitracks.

OK, ek weet as jy hoor brandhout dan dink jy aan ’n lekker kaggelvuur of aan ’n braaivleisvuur, maar Brandhout Multitracks is selfs beter as dit.  Jy weet teen die tyd seker dat Flam sy naam kry van Jeremia 20:9 waar Jeremia sê wanneer hy oor die goedheid van die Here wou stilbly dit in hom word soos ’n vuur wat brand.  Flam wil die vuur van aanbidding in gemeentes brandend hou.

Flam het eers Brandstof-produkte gemaak.  Dit is ’n produk-reeks DVD’s – daar is al drie van hulle – wat jy in jou rekenaar of DVD-speler druk en dan kom die woorde op, saam met ’n groep mense wat die songs vir jou sing.  Brandstof is gemik op kleingroepe en gemeentes waar daar nie ’n band beskikbaar is nie en waar julle graag Flam-songs wil sing.  Elke DVD het 2 10 minute lange aanbiddingsessies.  Dit is Brandstof vir daardie vuur van aanbidding.

Brandhout wil ook die vuur van aanbidding brandend hou, maar is in multitrack formaat.   Brandhout Multitracks is backtracks op steroids.  Backtracks is begeleidingsnitte in goeie Afrikaans.  So, multitracks is multiliniêre begeleidingsnitte.  Dit gaan ek egter nie verkoop kry nie.  So, ons noem dit eenvoudig Brandhout Multitracks.

Continue reading

Hoekom sing ons?

Ek het so paar weke terug die opmerking gemaak dat kerkmusiek ook lekker moet wees – ek het nogal redelik reaksie gekry hieroor. ’n Paar baie ernstige mense het vir my laat weet dat ‘lekker’ nie ’n norm kan wees wanneer dit by aanbidding kom nie.
Ek het so bietjie verder gaan dink daaroor en opgelees en onder andere afgekom op ’n blog van TJ Miller – hy is Pastor of Worship Arts by die Walloon Lake Community Church, in Michigan in die VSA.
Die blog is getiteld “Why we sing” – hoekom sing ons enigsins in die Kerk, hoekom sing ons in die samekomste van gelowiges, in Bybelstudiegroepe, op jeugkampe.

Continue reading

‘n Paar voorstelle vir Lydenstyd

BMNetwerk_EPubD6Oor twee weke is dit die begin van lydenstyd.  Ek het ’n kollega gehad wat altyd gesê het hy haat lydenstyd want “die musiek in lydenstyd is so droewig.  Dis net mineure die heeltyd”.  Hy kon dit nie hanteer nie.  Hy’t altyd vir my gesê:  “As hier vandag ’n vreemde besoeker instap by ons erediens, sal hy dink dis geestelik dood in die gemeente want dit klink soos ’n begrafnis.”

Continue reading

Oooooohs en Aaaaaaahhhhsss

Ek wonder oor die toenemende aantal woordelose lirieke wat al meer deesdae in kerkmusiek aangetref word:

Ek praat nou van die “Oooooh”s en “Aaaaaaah”s wat al meer in songs aangetref word.  Ek is byvoorbeeld mal oor Retief Burger se “Ek glo” en Newsboys se ‘Here we stand in awe’ – maar die ‘Oooooohhhh’  aan die begin van elke versie MOET deur die gemeente gesing word – jy gaan dit moeilik systap.  Nou wonder ek, pla dit julle?

Bof Kauflin het ’n artikel geskryf getiteld  “Unpacking Wordless Lyrics in Worship” – en hy het hierdie argument wat sê dit hou mense se gedagtes besig terwyl hulle eintlik oor God moes dink.  Volgens hom is ’n musikale tussenspel veel beter want dit gee die aanbidder geleentheid om op God te fokus.

Ek is byna doodseker Bob Kauflin is ’n linkerbrein ISTJ tipe-ou want as regterbrein, ENFP kan ek hom belowe, met die tweede reëltjie van die kitaar solo tussenspel wonder ek al of die ketel gekook het vir die tee na die diens.

Nee, Bob maak darem ook ruimte daarvoor dat deur so ’n ’n reëltjie of twee te sing die “Ooooohh’ of “Aaaah” ons help om emosies te verwoord wat nie maklik in woorde omgesit kan word nie. Dink maar net daaraan: ons sal baie keer ons emosie in klank omsit – eerder as woorde.  Help dit ons met ander woorde om ons emosies uit te spreek?  Beter as wat woorde sou doen?

Die probleem kom vir my in as die gemeente harder sing op die ‘oos’ en “aahs’ as op die woorde.  Dan gaan dit mos weer net oor ‘lekker sing’ of hoe?   Hoor my mooi, sing moet natuurlik lekker wees, maar as dit net daaroor gaan… dan is God mos nie meer die fokus nie.

Gaan kyk ’n bietjie hoeveel liedere julle gemeente sing met ‘oohs’ en ‘aahs’ in.  Is dit veel?  Pla dit jou?  help dit jou?  Laat weet my, ek wil regtig weet.