No Filter

Hi julle

So, ons het ‘n paar predikante en musiekleiers genooi om so bietjie te blog oor die erediens, liturgie en musiek. Nie NET musiek nie.

Ons wil gesels oor die dinge wat maak dat jy die Here beter hoor en beleef.

Hier gaan mense skryf oor koormusiek, oor band-musiek, orrelmusiek, prediking.  Wat van ‘n paar voorstelle oor hoe jy die liturgiese ruimte op kreatiewe maniere kan vul?  Wat is die nuutste gesprekke rondom die jeug en liturgie?  Watter bewegings volg jy in jou liturgie?

BM Kerkmusiek wil met #NoFilter ‘n veilige ruimte skep waar ons oor hierdie sake kan saamgesels en bymekaar kan leer.  Geen filters.

 

Wil jy ook deelraak hiervan?

‘n Uitnemende musiekbediening – is jou beste goed genoeg?

Hoe kies julle julle aanbiddingsleiers? Soek julle excellence? Wanneer is iemand goed genoeg om in julle musiekbedieningspan te wees? Hou julle oudisies vir die sangers en musikante?

Maak nie saak in watter styl jou gemeente aanbid nie – of dit nou klassiek-tradisioneel is of –kontemporêr of informeel is – watter premie plaas jou gemeente op excellence. Ek moes die woord excellence gaan opsoek het – in Afrikaans word dit uitnemendheid genoem.

En ek weet, ek weet aanbidding gaan oor veel, veel meer as net die musiek tydens ’n erediens, ek praat in die besonder van die gemeentesang, die musikale aanbidding tydens ’n erediens!

Ek weet nie wie het dit eerste gesê nie, maar iemand het iewers gesê: “Excellence honors God.” Ek sukkel effens om dit vertaal te kry, maar dis waarskynlik iets soos: “Wanneer jy iets uitnemend doen, kry God die eer.”  Lees verder >>